Mahangu – geen rede tot kommer nie sê Meulens

Informele berigte uit die verre Noorde toon dat die mahangu-oes nie so groot soos verlede jaar sal wees nie. Dit beteken dat Namib Meulens, wat kommersieel die oeste aankoop vir sy Meme Mahangu-produk, moontlik meer sal moet invoer. Ian Collard, die uitvoerende hoof van die NMI Groep van maatskappy sê hulle sal alles in die stryd wend om nie pryse opwaarts aan te pas nie.