Madonna is terug, sê sy’s gelukkig om te leef
Madonna sê sy is gelukkig om te leef en die liefde van familie en vriende is die beste medisyne. Die 64-jarige sanger is ‘n maand gelede met ‘n bakteriële infeksie in die hospitaal opgeneem en het etlike dae in die waakeenheid deurgebring. Sy het die nuus gedeel op Instagram, en gesê toe sy hulle die nodigste gehad het, was haar kinders daar. Madonna sê sy is op die herstelpad. Sy hervat die Europese skof van haar grootste trefferstoer op 14 Oktober in die O2 Arena in Londen.