Madiba se sleutel uit veiling onttrek

Die man wat die sleutel van oudpresident Nelson Mandela se tronksel op Robbeneiland bewaar het, het ‘n afslaer gevra om dit aan ‘n veiling later die maand te onttrek. Guernsey wil op die 28ste die sleutel en ander Mandela-gedenkwaardighede verkoop. Ander artikels sluit een van sy kenmerkende hemde in, asook geskenke wat hy by Amerika se voormalige president Barack Obama en die Harvard Universiteit ontvang het. Volgens berigte sê Christo Brand hy het die sleutel in 2018 geskenk om geld in te samel vir ‘n Mandela-gedenktuin in Qunu.