Madeleine McCann: Materiaal by Arade-dam gevind  

Portugese owerhede sê materiaal wat gevind is tydens ‘n driedaagse soektog by die Arade-reservoir, sal na Duitsland gestuur word vir ontleding. Die soektog hou verband met die verdwyning van Madeleine McCann. Die operasie onder leiding van Duitse polisie soek bewyse wat die Britse kleuter se verdwyning met die Duitse burger en veroordeelde verkragter, Christian Brueckner, kan verbind. Portugese aanklaers het hom verlede jaar amptelik as ‘n verdagte verklaar. Madeleine, wat destyds drie jaar oud was, het in 2007 uit haar ouers se vakansiewoonstel in die Portugese dorp, Praia da Luz, verdwyn.