Maatskappy gebruik regsfirma se handelsmerk-kenteken

Die bekende Windhoekse regsfirma Sisa Namandje is in kennis gestel van ‘n beweerde besigheidsvoorstel vir beleggers en aandeelhouers wat verband hou met Gure Trading wat onder meer betrokke is by sandmyne en steenmakery. Die senior direkteur van die regsfirma, Sisa Namandje, sê die maatskappy is nie ‘n kliënt van die regsfirma nie, doen nie enige sake met hulle nie en gebruik dus die regsfirma se handelsmerk-kenteken op ‘n bedrieglike wyse. Namandje waarsku die publiek teen die swendelary.