Maatskaplike vangnette moet ontwikkel word, meen IMF

Die Internasionale Monetêre Fonds sê oor die volgende twee tot drie jaar moet regerings fokus op beleggings in maatskaplike vangnette en die hervorming van bestaande subsidies. Hy sê dit moet gebeur omdat stygende voedsel- en energiepryse, te midde van die oorlog in Oekraïne, lande konfronteer met moeilike beleidskeuses terwyl hulle die kwesbaarstes teen stygende onkoste probeer beskerm. Meer as die helfte van die 134 lande waar die fonds ‘n peiling gedoen het, het minstens een maatreël aangekondig in reaksie op hoër energie- en voedselpryse. Die IMF sê hy verwag pryse sal aanhou styg.