Maatskaplike aktivis: Kinderhuwelike in Namibië is ouers se skuld

‘n Namibiese maatskaplike aktivis spreek haar kommer uit oor kinderhuwelike in Namibië. Sy gee haar reaksie op die witskrif oor huwelike in Suid-Afrika wat aanbeveel kinderhuwelike moet verbied word. Wetgewing laat minderjariges tans toe om in die huwelik te tree, met die skriftelike toestemming van die ouers wat aan die huweliksbeampte voorgelê moet word. Die burgerlike huwelike van 70 bruide en twee bruidegoms onder die ouderdom van 18 is in 2017 geregistreer. ‘n Konsep-wysigingswetsontwerp sal in die parlement debatteer en vir bekragtiging aan die President voorgelê word. Rosa Namises sê aan Kosmos 94.1 Nuus kinderhuwelike in Namibië word voor die deur van ouers gelê.