Maatreëls, inentings is oorsaak van afname in Covid-gevalle

Namibië ondervind tans byna ‘n konstante afname in nuwe Covid-19 gevalle, wat ook die aantal sterftes laat daal het. Dr. Kalumbi Shangula, gesondheidsminister, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit alles toegeskryf kan word aan die streng maatreëls wat ingestel is in die verband, en die feit dat meer mense ingeënt word en dat die publiek werklik hulle bes doen om daaraan te voldoen.