Maatreëls aangepas, negatiewe PCR-toets gee ook toegang tot Namibië

Daar was groot kommer in die toerismebedryf met die aankondiging dat alle Covid-maatreëls afgelas is en dat besoekers aan Namibië ‘n inentingsertifikaat moet toon om toegang tot die land te kry. Dit is op die oomblik hoogseisoen en talle operateurs meen daar is besoekers wat reeds bespreek het wat nie ingeënt is nie en staatgemaak het op ‘n negatiewe PCR-toets om die land binne te kom. Die kwessie is geopper en die twee ministers, gesondheid se Kalumbi Shangula, en toerisme se Pohamba Shifeta, het Saterdag dit aangspreek en aangepasde maatreëls in die regeringskoerant gepubliseer. Dus, kan beide ‘n inentingsertifikaat of ‘n negatiewe PCR-toets benut word om Namibië te besoek.