Maasbanker kwotas vir ’23 goedgekeur

Die Namibiese kabinet het die totale toelaatbare kwotas vir rooikrap en maasbanker volgende jaar in sy jongste sitting goedgekeur. Die ministerie van visserye het gevra vir 4 200 metrieke ton rooikrap wat goedgekeur is. Vir maasbanker is 290 000 metrieke ton toelaatbaar gedurende 2023.