Maanlanding vandag herdenk

Vandag is Internasionale Maan-dag en herdenk 54 jaar sedert mense die eerste keer op die maan gewandel het. Neil Armstrong en Edwin Aldrin het eerste voet op die maan gesit terwyl Michael Collins op hulle terugkeer gewag het in die Columbia-bevelsmodule, wat in ʼn wentelbaan om die maan was. Die Verenigde Nasies se Kantoor vir Buitenste Ruimtesake sê Internasionale Maan-dag is geproklameer om die prestasies met die verkenning van die maan te gedenk en het ten doel om openbare bewustheid oor volhoubare maanverkenning en -gebruik te verhoog.