Maak seker jou voertuig is gesluit, toets die deur asb., sê Nampol

Misdadigers is tradisioneel besiger tydens die feesseisoen en mense moet op hulle hoede wees. Talle mense los hul waardevolle besittings in hul voertuie, wat ‘n teiken vir diewe is. Mense maak ook nie altyd seker hul voertuie is gesluit nie. Die noorde van Namibië het baie besoekers tydens die feesseisoen en inspekteur Thomas Aiyambo van die Namibiese polisie in die Oshana-streek maan teen diewe wat by voertuie inbreek.