Maak of breek vir Eagles
Krieket: Namibië se Richelieu Eagles speel vandag hul laaste T20-wedstryd teen die Chevrons van Zimbabwe. Dit is ook die beslissende wedstryd in die 5-wedstryd T20 reeks, aangesien die spanne gelyk is met twee oorwinnings elk. Groot krieket word verwag, sê Rudie Van Vuuren, die president van Krieket Namibië, en die spelers het hulself goed voorberei. Kosmos 94.1 Nuus het met Van Vuuren gesels oor vandag se stryd.