Maagkoors in SA, Nam dalk ook kwesbaar

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika het uitbrekings van maagkoors in die buurland. Die instituut se hoof van die Sentrum vir Ingewandsiektes, Juno Thomas, sê daar is tans 64 gevalle in die Wes-Kaap, 18 in Noordwes, 45 in Gauteng, 12 in Mpumalanga, nege in KwaZulu-Natal, sewe in die Oos-Kaap, vier in die Vrystaat en vier in Limpopo. Thomas sê die siekte kom dikwels voor in gemeenskappe wat nie oor voldoende sanitasie beskik nie:

Dit is nie bekend of die oorsaak moontlik kontaminasie van waterbronne as gevolg van die reën en oorstromings is nie maar, indien wel, is gemeenskappe in Namibië ook kwesbaar, veral in informele nedersettings waar daar onvoldoende toiletgeriewe is.