Ma wat vermoedelik baba vermoor, bly in aanhouding

Die 34-jarige ma van die babaseuntjie wat op ashoop op Okahao gevind is, het in die Okahao-landdroshof verskyn en bly in aanhouding. Taimi Abraham, ‘n skoonmaker by die Shaanika Nashingo Sekondêre Skool op Okahao, staan tereg op klagte van moord en dwarsboming van die gereg. Volgens voorlopige ondersoeke het sy op 23 Desember geboorte gegee. Haar saak is tot 28 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.