Ma wat baba op dak gooi, bly in aanhouding

Die 32-jarige Hileni Johannes, ‘n ma wat onlangs in hegtenis geneem is omdat sy na bewering haar baba op die dak van ‘n gebou gegooi het, bly in aanhouding nadat sy in die Ondangwa-landdroshof verskyn het. Landdros Alice Gawanas het die saak tot 28 September uitgestel vir verdere ondersoek en om die beskuldigde toe te laat om ‘n regshulp-prokureur te bekom. Johannes word aangekla van poging tot moord en van die blootstelling van ‘n baba aan gevaar, saam met die Wet op die Bestryding van Gesinsgeweld. Die aanklaer Martha Hasheela, het borgtog teengestaan wens die erns van die misdaad en dat dit nie in openbare belang sal wees nie. Johannes word daarvan aangekla dat sy haar pasgebore babaseuntjie verlede week Vrydag in die Onayena-omgewing van Oniipa op die dak van ‘n huis gegooi het. Die baba is in ‘n ernstige toestand in die Onandjokwe-hospitaal opgeneem.