Lyke wag al sedert begin Junie in hoofstad

Die Windhoek lykshuis het steeds uitdagings met liggame wat nog nie opgeëis is nie, al moet alle Covid-sterftes binne tien dae begrawe word. Daar is meer as 80 liggame by die fasiliteit en van hulle is reeds sedert die begin van Junie, voor die derde vlaag reeds daar. Volgens berigte is daar sommige families wat nie fondse het om geliefdes te begrawe nie en ander wag steeds om veras te word. Die Windhoek-krematorium is nie heeltemal werksaam nie en breek gereeld. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe het aan plaaslike media bevestig dat families met finansiële uitdagings die ministerie kan kontak vir bystand met begrafnisse.