Lyfstraf is terug in Afghan-regstelsel

Drie vroue en 11 mans is in opdrag van ’n Afghaanse hof gegesel nadat hulle aan diefstal skuldig bevind is en weens “morele misdade”. Die Taliban se opperleier het regters dié maand opdrag gegee om die Islamitiese wet, of Sharia, volledig toe te pas en bygevoeg lyfstraf is verpligtend vir sekere soorte misdaad. Die straf is nie in die openbaar voltrek nie en die maksimum aantal houe is 39. Die opperleier, Hibatullah Akhundzada, het regters  beveel om aspekte van die Islamitiese wet volledig toe te pas, wat openbare teregstellings, stenigings en geseling asook die amputasie van ledemate vir diewe insluit.