LUR vir Gesondheid in KwaZulu-Natal word gestraf vir oortreding van Covid-regulasies

Die KwaZulu-Natalse premier, Sihle Zikalala, het teen die provinsie se LUR vir Gesondheid, Nomagugu Simelane opgetree. ‘n Video wat op sosiale media versprei is, toon Simelane wat Covid-19-regulasies by ‘n onlangse verjaardagparty oortree. Zikalala het aangekondig haar salaris gaan met die volgende betalingsiklus met 50-persent verminder word. Die geld sal aan ‘n Covid-19 organisasie sonder winsbejag in die Amajuba-munisipale gebied, waar Simelane woon, geskenk word. Sy moet ook binne sewe dae ‘n openbare verskoning uitreik.