Lukashenko besoek Mnangagwa

President Alexander Lukashenko van Belarus sal President Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe volgende week besoek. Hy is die mees hoëprofiel Russiese bondgenoot, met betrekking tot die inval in die Oekraïne, wat Afrika besoek soos die oorlog nader aan sy tweede jaar kom. Lukashenko sal Maandag in die land aankom en weer Woensdag vertek. Livit Mugejo, woordvoerder van Zimbabwe se buitelandse sake ministerie, sê die staatsbesoek is bedoel om die bestaande uitstekende betrekkinge tussen Zimbabwe en Belarus te versterk. Die twee lande werk saam op verskeie vlakke veral mynbou en landbou. Die twee leiers sal na verwagting die tweede fase van die Zimbabwe-Belarus-landboumeganisasieprogram van stapel stuur.