Luiperd in Botswana val mense aan

‘n Luiperd van die Moremi-wildreservaat in Botswana is van kant gemaak ná hy ‘n werknemer se lewe in ‘n aanval geëis het en die aand nog ‘n werknemer en later ‘n vroulike Suid-Afrikaanse gas aangeval het, maar afgeweer is.