Lühl-Delgado egpaar vra publiek se ondersteuning vandag

Die Namibiese pa Phillip Lühl het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om hulle vanoggend in hul waterskeidingsaak in die hooggeregshof in Windhoek te ondersteun. Na ‘n stryd van vier jaar teen die ministerie van binnelandse sake, omdat arbitrêr geëis word dat gay ouers DNS-toetse verskaf vir hul kinders om burgerskap te kry, sal die hooggeregshof vandag sy uitspraak lewer. Lühl en sy man Guillermo Delgado se seun en tweeling-dogters, wat deur surrogaatskap in Suid-Afrika gebore is, se Namibiese burgerskap hang in die weegskaal. Lühl het aan die Namibia Equal Rights-beweging gesê hulle het alle bystand nodig.