LPO sê spoedige oplossing moet vir Meatco gevind word

Thinus Pretorius, die voorsitter van Lewendehawe Produsente Organisasie, die LPO, beskou die stand van sake by Meatco as ‘n geweldige uitdaging bestempel waarvoor dringend ‘n oplossing gevind moet word. Ter wille van mededingende, regverdige produsentepryse, het hy gewys op die behoud van die bemarking van die plaaslike mark, lewende uitvoere en beesvleis-uitvoere. Pretorius sê aan Kosmos 94.1 Nuus Meatco se markaandeel het die afgelope tien jaar drasties gekrimp, terwyl verslagting by ander uitvoer- en plaaslike abattoirs verdubbel het.

Pretorius sê daar sal dringend gekyk moet word na ‘n nuwe model vir Meatco.