LPO gaan kyk na antibiotika weerstand

Die Lewendehawe Produsente-organisasie sê weerstandigheid teen antibiotika word wêreldwyd ’n groter probleem en daar is groot druk op die Wêreldgesondheidsorganisasie om die skedule van antibiotika te verhoog sodat dit glad nie meer oor die toonbank gekoop kan word nie. Dit sal veeboere in ‘n penarie plaas. Die organisasie hy sal die verhouding van die verbruik van antibiotika in die land tot die aantal diere ondersoek, waarna daar indringende besprekings oor die pad vorentoe sal wees. Terwyl dit onbekend is of Namibië werklik so ‘n groot probleem het en of dit net weens internasionale druk is dat sulke drastiese maatreëls oorweeg word, is dit belangrik dat produsent antibiotika so doeltreffend moontlik gebruik.