LPM sê verskeie kwessies moet dringend aandag kry wanneer parlement hervat

Die Nasionale Vergadering hervat op 7 September sy sessies met talle wetsontwerpe wat uitstaande is as gevolg van al die inperkings wat deur die pandemie veroorsaak is. Die LPM se leiers, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb is ook terug wanneer sessies hervat. Swartbooi sê daar is dringende kwessies, waaronder die volksmoord, en die huidige stand van sake in die land, wat aandag moet kry.