LPM sê Swapo-lede is skuldig aan haatspraak

Die leiers van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, het vandag ‘n mediakonferensie op Swakopmund gehou. Dit het gefokus op die Swakopmund-tussenverkiesings, asook ander kwessies. Seibeb het verwys na opmerkings van haatspraak wat gemaak is deur verskeie Swapo-lede, insluitende afgetrede generaal Martin Shali en voormalige onderwysminister Katrina Hanse-Himarwa.