LPM se Seibeb kap Saara 

Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila is onder skoot van die Landless People Movement. Die party eis ondersoek na die befondsing van beide die eerste minister en omgewingsminister Pohamba Shifeta se veldtogte om as vise-president van Swapo verkies te word. Die LPM se adjunkleier, Henny Seibeb vra wat die rol van die kantoor van die eerste minister is en waarom het sy nie die President aangeraai om die minister van myne en energie te laat gaan nie.

Seibeb sê dat hulle nie beïndruk is met die eerste minister nie.