LPM sê oor salarisverhogings by Stad Windhoek

Salarisverhogings vir plaaslike owerhede is steeds in die nuus. Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni het vroeër Alan se voorgestelde verhoging van 50 persent van die hand gewys. Intussen het die Independent Patriots for Change ‘n beroep op sy raadslede by Stad Windhoek gedoen om verhogings te weier. Kosmos 94.1 Nuus het met Eneas Emvula, adjunk-woordvoerder van die Landless People’s Movement, gepraat oor sy party se standpunt.