LPM sê onregmatige besteding van Covid-fondse verbaas nie

Reaksie word ontvang op die bevindings van die ouditeur-generaal Junias Kandjeke dat skenkings in verband met Covid onregmatig deur die gesondheidsministerie bestee is en verder, dat die noodinkomste-toelaag nie korrek uitbetaal nie. In sy verslag sê hy die gesondheidsministerie het skenkings ter waarde van meer as 265 miljoen Namibiese dollar ontvang en bestee sonder die nodige goedkeuring van die tesourie. In verband met die noodinkomste-toelaag is 3,1 miljoen dollar uitbetaal aan 4 115 regeringswerkers. Die toelaag was nie bedoel vir formele werkers nie maar net vir diegene wat hul inkomste verloor het as gevolg van inperkings. Henny Seibeb die adjunkleier van die LPM-party sê dit verbaas hulle glad nie, maar ook dat antwoorde moeilik is om te bekom.