LPM sê hy is sat vir polisie-brutaliteit

Die Landless People’s Movement het in ‘n verklaring gesê sy partylid en burgemeester van Windhoek Sade Gawanas is onwettig en sonder enige uitlokking van haar af, in hegtenis geneem deur lede van die polisie en reserviste, wat nie uniforms aangehad het nie maar wel volgens videomateriaal met ten minste een AK-47 gewapen was. Die party sê hy sal ‘n dringende vergadering met die polisie-hoof luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga versoek oor nie net Gawanas se ervaring nie maar ook, volgens die party, namens die lede van die publiek wat gereeld aan polisie-brutaliteit blootgestel word. Die party sê hy is uiters bekommerd oor die herhaalde menseregte skendings waaraan Nampol homself skuldig maak. Die party sê Gawanas het haarself aan die beamptes voorgestel.