LPM sal vra dat sportminister bedank, hoor NV
Parlementêre sittings het met ‘n knal hervat. Uutara Mootu, die hoofsweep van die Landless Peoples Movement, het kennis gegee van vrae wat Donderdag aan sportminister Agnes Tjongarero gestel gaan word. Dit gaan oor opknappingswerk aan die Onafhanklikheid-stadion. Dit kom nadat vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die openbaar verklaar het dat sy deur Tjongarero mislei is oor die vordering van die werk. Mootu is aan die woord.