LPM ontevrede oor gebrek aan Suide-mense op polisielys

Die Landless Peoples’ Movement het sy reaksie gegee oor die aansoeke van byna 43 000 wat ontvang is vir 1 000 poste vir kadet-konstabels in die Namibiese polisie. Altesaam 42 967 aansoeke is landwyd ontvang met net 2 398 van hierdie hoopvolles wat die kortlys gehaal vir onderhoude. Op die kortlys is 1 664 mans en 734 vroue. Die leierskap van die LPM het gereageer op die gebrek aan Nama-Damara-sprekende mense op die lys van die Karas- en Hardap-streke. Die party beskou dit as onregverdig teen die mense van die Suide. Die voorsitter van die streekraad Joseph Isaacks het sy teleurstelling gedeel…

Isaacks noem dat die gesegde “Suide maak vrede” nie meer van toepassing is nie.