LPM-leier bevraagteken Geingob se lofliedere oor onderwys

Die leier van die Landless People Movement, Bernadus Swartbooi, het heftig gereageer op President Hage Geingob se mening dat die land se suksesvolle onderwysstelsel ‘n probleem geword het namate die aantal werklose gegradueerdes toeneem. Geingob sê dat die regering se suksesvolle implementering van gratis onderwys en befondsing van tersiêre onderwys tot jeugwerkloosheid gelei het. Geingob het sy mening met die uittredende inwonende koördineerder van die Verenigde Nasies, Sen Pang, gedeel tydens sy afskeid by Staatshuis. Swartbooi vra waarom die regering nie werksgeleenthede geskep is nie.