LPM lê klag teen Geingob by ICC

Die Landless People’s Movement het ‘n klag teen Namibiese President Hage Geingob by die Internasionale Kriminele Hof ingedien. Die LPM se leier, Bernadus Swartbooi het in ‘n brief aan die hoof-aanklaer van die ICC geskryf dat die LPM as ‘n opposisieparty deur ‘n direkte opdrag van Geingob, of met sy kennis, geteiken word. Swartbooi skryf ook dat die Swapo Party meer as 5 000 Namibiërs by Lubango doodgemaak word. Die woordvoerder van die LPM, Eneas Emvula, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die ICC hul brief ontvang het.