LPM hou voet by stuk Namibiese premier moet bedank

Die Wes-Kaapse regter-president, John Hlophe, kan binnekort die eerste regter in demokratiese Suid-Afrika word om uit sy amp verwyder te word. Die Regterlike Dienskommissie het gestem om hom in ‘n staat van beskuldiging te plaas. Die kommissie het nog nie redes verstrek nie, maar dit volg net ‘n paar maande nadat ‘n Regterlike Gedragstribunaal Hlophe aan growwe wangedrag skuldig bevind het. Hy het in 2008 probeer om twee regters van die Konstitusionele Hof te beïnvloed ten gunste van Jacob Zuma in ‘n poging om lasbriewe in verband met sy korrupsiesaak om te keer. 

https://iframe.iono.fm/e/1091367