LPM gaan Dinsdag na parlement opruk teen volksmoord-vergoeding

Die Landless Peoples’ Movement gaan op Dinsdag 21 September ‘n optog vir geregtigheid teen die Duitse volksmoord-vergoeding hou. Die optog begin om tien-uur die oggend by die busstop oorkant die Miami-vulstasie in Katutura. Betogers sal na die parlement opruk waar ‘n petisie die middag om twee-uur oorhandig sal word. Eneas Emvula, woordvoerder van die LPM, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.