LPM dank Khp-raadslid af

Die Landless People’s Movement het met onmiddellike effek Charlcyta Cooper as raadslid aan die Keetmanshoop-munisipaliteit onttrek. In ‘n brief wat deur die party se bedryf-sekretaris Dawid Eigub onderteken is en aan die munisipaliteit se hoof uitvoerende beampte gerig is, word Cooper meegedeel dat sy met onmiddellike effek nie meer die party by die raad verteenwoordig nie. LPM se beampte vir die Menseregte-lessenaar, Joyce Muzengua, sê die LPM verduur nie korrupte optrede nie.