LPM bekommerd oor Verkiesingskommissie se voorstelle

Tydens die mediakonferensie vandag deur die Landless People’s Movement op Swakopmund, het die party die voorstelle bespreek wat deur die Verkiesingskommissie van Namibië voorberei word om in die parlement ter tafel gelê te word vir debat. Ivan Skrywer, ‘n Windhoek-raadslid, het sy kommer oor hierdie voorstelle uitgespreek. Skrywer het gesê daar is voorstelle soos die aanstelling en verwydering van die kommissarisse wat gewoonlik deur die parlement gedoen word, maar dit blyk dat hierdie voorstel ‘n skuiwergat laat dat die verwydering van kommissarisse direk deur die President gedoen kan word.