Londense polisie ondersoek Downingstraat-partytjies

Die Londense polisie ondersoek nou Downingstraat-partytjies in die tyd van inperking. Die Kommissaris van die Metropoliltaanse Polisie, Cressida Dick, het in ‘n verklaring bevestig die ondersoek is aan die gang. Eerste minister Boris Johnson se regering het onder skoot gekom vir beweerde partytjies in die maande toe Brittanje weens Covid-19 ingeperk was. Hy het om verskoning gevra, maar opposisiepartye wil hê hy moet bedank.