Logistieke uitdagings het steeds invloed op invoere

Die NMI Groep het onlangs prysverhogings aangekondig en van die faktore wat as oorsake genoem is, is logistieke uitdagings en vertragings. Die pryse van Namib Meulen se pasta en meelprodukte het almal op 1 September gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, die groep se hoof uitvoerende beampte gepraat oor die jongste in die verband.