Likwidateur vir Bankmed aangstel

Kennis is gegee dat Jacques Oosthuizen as likwidateur van Bankmed Namibië aangestel is. Die mediese fonds van bankpersoneel gedek het word ontbind. Die fonds het in Augustus gesê ‘n onvolhoubare toename in eise het sy reserwes leeg getap. Die fonds is in 1997 gestig en het net meer as 4 500 hooflede gehad met 5 740 afhanklikes. Alles het goed gegaan maar, tussen 2022 en 2023 het die fonds ‘n toename van 13,5 persent in eise gehad, meer as dubbel die verhoging in bydraes wat sy reserwes tot op ‘n skamele 9,6 persent verlaag het. Debiteure word aangemoedig om hul skuld te betaal en krediteure kan steeds eis.