Liggaam van Kersdag-drenkeling gevind

Die liggaam van die 17-jarige seun Antonio Hermanus wat op Kersdag verdrink het terwyl hy in die see by Onafhanklikheidstrand in Walvisbaai geswem het, is gevind. Inspekteur Ileni Shapumba, bevelvoerder van gemeenskapsake van die Namibiese polisie in die Erongo-streek, het bevestig die graad 10-leerder van die Flamingo Sekondêre Skool Flamingo, se liggaam is ontdek. Sy liggaam is deur ‘n werknemer van die Merlus Vismaatskappy ontdek toe dit by die pier aan wal uitgespoel het. Sy liggaam is positief geïdentifiseer as dié van die tiener wat verdrink het terwyl hy op ‘n Kersuitstappie saam met sy ma was. Hermanus se lyk is na die Walvisbaaise polisielykshuis geneem vir ‘n nadoodse ondersoek.