Lichtenstrasser moordverhoor gaan voort

Die moordverhoor van Ernst Lichtenstrasser sal vandag hervat nadat dit uitgestel is as gevolg van inperkings deur Korrektiewe Dienste wat deur die pandemie genoodsaak is. Die verhoor het in Februarie vanjaar voor Regter Christie Liebenberg begin en Lichtenstrasser ontken al die klagtes teen hom. Agt getuies het was reeds in die hof. Lichtenstrasser, ‘n dosent by die Tsumeb kampus van die Namibiese Instituut van Mynbou en Tegnologie word daarvan aaangekla dat hy op 15 April 2019 die uitvoerende direkteur van Namibiese myninstituut Eckhart Mueller, 72, en Heimo Hellwig, 60, sy adjunk, by die Arandis kantoor doodgeskiet het.