Liberiese krygsheer dood op 72
Die voormalige Liberiese krygsheer, Prince Johnson, ‘n belangrike figuur in die land se agtereenvolgende burgeroorloë van 1989 tot 2003, is op die ouderdom van 72 oorlede. Johnson, ‘n invloedryke senator, het in 1990 in ʼn video gesit en bier drink terwyl van sy lojale soldate die destydse president, Samuel Doe, doodmartel. Die grusame moord op Doe het Liberië in twee burgeroorloë gedompel waarin nagenoeg 250 000 mense dood en die land se ekonomie verwoes is. Johnson het later ʼn prediker in ʼn evangeliese kerk geword en was oral gewild.