LGBTQ-gemeenskap oorhandig petisie aan NV

Die regte van die LGBTQ-gemeenskap is beide hier en in Suid-Afrika in die nuus. Plaaslik het die Gelyke Regte Beweging ‘n petisie aan die sekretaris van die Nasionale Vergadering Lydia Kandetu oorhanding. Dit sal volgens berigte Dinsdag hanteer word. In die buurland, waar die gemeenskap gelyke regte geniet, het aktiviste opgeruk en geëis dat die ANC-regering ‘n wetsontwerp op haatmisdaad optrek.

Plaaslik word ‘n wetsontwerp op haatmisdaad ontwikkel. Die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing Graham Hopwood het die jongste so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.