LGBT-wette werk net in middelklas, stedelike gebiede
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se progressiewe grondwetlike raamwerk bevoordeel steeds lede van die lesbiese, gay, biseksuele en transgender gemeenskap, wat middelklas, stedelike lewens lei. Dit is een van die bevindings in die jongste verslag van die instituut, getiteld, An In-Depth Look into the Quality of Life of LGBT South Africans. Gerbrandt van Heerden van die instituut, sê LGBT-Suid-Afrikaners wat in minder gegoede, landelike gebiede woon, met min toegang tot die privaatsektor, is veral kwesbaar vir diskriminasie: