Lewis sien uit na Monza

Die heersende Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê hy verwag nog ‘n verbete stryd met Red Bull by hierdie naweek se Italiaanse Grand Prix by Monza. Dit is die tweede wedren in Italië vanjaar. Die tweede wedren van die huidige seisoen, die Emilia Romagna Grand Prix, het by Imola plaasgevind. Die Red Bull-renjaer Max Verstappen loop tans voor in die bestuurderskampioenskap. Hamilton sê hy het nog altyd daarvan gehou om by Monza deel te neem: