Lewis Hamilton koop aandeel in Denver Broncos

Sewemalige Formule Een-kampioen, Lewis Hamilton, wat tans by Sossusvlei vakansie hou, het by die eienaarskapgroep van driemalige Super Bowl-wenners die Denver Broncos aangesluit. Die Broncos en die Walton-Penner-familie het in Junie ‘n koop- en verkoopooreenkoms aangegaan vir die oorname van die span in ‘n transaksie wat na bewering 77,76 miljard Namibiese dollar werd is. Hamilton sê hy is geëerd om saam met ‘n wêreldklas-span te werk en as ‘n voorbeeld te dien van die waarde van meer diverse leierskap oor alle sportsoorte. Verlede maand het die voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, Condoleezza Rice, ook ‘n minderheidseienaar geword.