Lewende krokodil tydens dwelmklopjag gekry

ʼn Gautengse man is in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk ontvang het oor dwelmhandel by ‘n eiendom in Roodepoort. Die polisie het tydens ‘n klopjag beslag gelê op dwelms ter waarde van ongeveer 200 000 rand, asook ‘n lewende krokodil. ‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê beamptes het ook twee speelgoedgewere, hidroponiese dagga, daggabome en eetbare verdowingsmiddels gevind. Masondo sê die DBV is ontbied om die reptiel te red.