Letland gaan werkers wat weier om ingeënt te word, afdank

Werkgewers in Letland het toestemming gekry om werkers wat weier om teen Covid-19
ingeënt te word, af te dank. Die land se regering het ten gunste hiervan gestem, maar
daar word van die werkgewer verwag om te verseker daar is ‘n ander geskikte pos is vir
‘n persoon wat teen die entstof is, of dat die persoon suksesvol van die huis af kan
werk. Personeel wat nie teen die middel van die maand ‘n inentingsertifikaat het nie,
kan ook na ‘n ander pos oorgeplaas word totdat hulle die sertifikaat ontvang.